     
=====================================================================
Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou?

Die ontwikkeling van 'n taalbeleid vir Suid-Afrika is 'n leer- en verrykingsproses, s dr. Neville Alexander,   voorsitter van Langtag en ondervoorsitter van die Pansat. 

Op 8 Augustus 1996 is die verslag van die Taalplan Taakgroep (Langtag volgens die Engelse akroniem) aan die destydse Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, dr. Ben Ngubane, deur die Langtag Hoofkomitee   oorhandig. Dit word tans geredigeer en sal binnekort aan die publiek uitgegee word. 

Hierdie gebeurtenis het sowel die eindpunt van 'n verrykende proses, as die beginpunt van 'n nuwe ontdekkingsreis gesimboliseer. Want op die pad na 8 Augustus het ons wat die voorreg gehad het om in die verskillende komitees van Langtag te dien, verskriklik baie geleer. Ons het waardevolle kennis opgedoen oor die baie struikelblokke wat in die pad van taalbeplanners rondl, oor die handhawing van die tale van Suid-Afrika en veral ook oor dit wat ons sal moet oorkom en oorbrug om regtig 'n nuwe Suid-Afrika in te gaan. 

Na hierdie eerste grootskaalse poging om 'n nasionale en alomvattende taalbeplanningsproses in Suid-Afrika aan die gang te sit, is dit my siening dat ons veral op die volgende temas oftewel uitdagings sal moet let: 

* die bekamping, of miskien die inperking, van die hegemonie van Engels in ons samelewing, omdat hierdie verskynsel die ontwikkelingskanse van die groot meerderheid Suid-Afrikaners aan bande l; 
* die korpus- en statusontwikkeling van die inheemse Afrikatale, sodat die sprekers van hierdie tale asook diegene wat gebaretaal gebruik op gelyke voet met Afrikaans- en Engelssprekendes in ons samelewing kan meeding en verkeer. Hiermee gepaard gaan die strategiese noodsaaklikheid dat Engels- en Afrikaanssprekendes ten minste n Afrikataal byleer sodat ons veeltaligheid 'n instrument van nasiebou kan word; 
* die stabilisering en normalisering van Afrikaans deur die ontkoppeling van die taal van die politieke stigma van Afrikaner nasionalisme en rassisme, sodat die taal weer een van die belangrikste en mooiste kommunikasiemiddele in ons land kan word. 

Hierdie drie probleemkomplekse kom ons op alle gebiede van die samelewing teen, en die baie voorstelle wat in die lywige verslag van Langtag opgeneem is, sal (as die minister s sou besluit) deur die Kabinet bestudeer word. Ek meen dat die hoop deurgaans realisties is dat baie van die voorstelle op die een of ander tyd in die volgende twee of drie jaar in wetgewing omskep kan word. 

Daar l nog 'n lang pad voor, maar ons kan met 'n sekere mate van trots beweer dat die Langtag proses die regte padwysers opgerig het en dat die werk van instansies soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad daardeur vergemaklik behoort te word. Daar bestaan natuurlik 'n groot gaping tussen woord en daad. Ons kan dus nie ophou om te organiseer en selfs te mobiliseer nie. Die bestaan van 'n taalplan is geen waarborg dat dit ook verwerklik sal word nie. 

'n Baie groot verantwoordelikheid rus dus op die skouers van Pansat en van al die organisasies van die burgerlike samelewing wat hulle vir taalregte en taalontwikkeling beywer. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av348.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 